LHC GLOBAL SYSTEMS

LHC GLOBAL SYSTEMS (lhcgs)

Die GlIMS Diens hanteer ook 'n Kuddeanalise waarvoor u gekwoteer word en op u versoek.  U kan dit ook self vanuit u Mobile Livestock Sagteware doen.

NB:  'n Maandelikse rugsteun van u inligting word aan die GLIMS Buro gestoor soos deur u voorsien, dit is nie verpligtend nie. -  Daar is jaarlikse diensfooi   Onthou dat ons ook u aantekeninge admnistreer @ R3.42/dier na die eerste opname daarna.



Die Mobile Livestock Sagteware Program is een maklike plaas bestuursprogram vir die aantekeninge van Groot- en Kleinvee, Wild, Perd en Hond hetsy Stoet- of Kudde.  Laai die sagteware by Software / Sagteware hiernaas.

'n Tweede gebruikers lisensie op 'n addisionele rekenaar/tablet sal voor gereken word. Kontak ons vir u kwotasie.  Die eerste 300 basisdiere OPNAME is ingesluit by die prys.

Dit is u persoonlike program vir rekordhouding van lammings, kalwings, dekkings, wegings, verliese, kampe, Verslae Lyste, Stambome, Indeks Verwerking, Fotos, Visuele Puntings (+ en - waardes) met Totale en Gemiddeldes word weergee van u kudde deur die program.  Die syfers binne jou kudde IS AKKURAAT daarom kan u besluite neem rakende diversifisering binne teellyne, winsgewindheid en produksie. Amptelike Geboortes en Gewigte kan per epos vanuit u stelsel bestuur en gestuur word na die Nasionale stelsel en Breedplan.  Daar is geen jaarlikse lisensie fooi nie.

Die program opstelling is volgens u gebruiksbehoefte en nie alle velde is dus verpligtend vir voltooiing nie.  Dit is moontlik om u spesifieke behoefte aan te spreek.  Dit voldoen ook aan die Internasionale Standaard.  Dit is moontlik vir u om die Fenoom en Genoom korrelasie binne u inligting te identifiseer dus kan u sagteware 'n kuddeanalise ook vir u doen.

Implementering, Opleiding, Opstelling, Diens en Ondersteuning geskied deur middel van die Internet, 'n besoek aan die kantore in Wesselsbron of Windhoek. Tariewe word dienooreenkomstig bereken.  Ons kontakadres is:   Pretorius straat 2,  Wesselsbron, Vrystaat, Suid-Afrika, epos: lhc@lhcgs.co.za, telefoon nommer: (+27) 0837247016 of 0578991128

Ons analiseer, ontwerp, ontwikkel en ondersteun ook Kliënt Spesifieke sentrale rekenaarstelsels op u versoek. Die diens sluit in berging van inligting, rugsteun, herstel, herwinning van inligting asook die buro waardeur u insette namens u ge-administreer kan word. Intensiewe verslae soos per u persoonlike praktyk versoeke word as deel van u Stelsel en bronkode ontwikkel.

Noemenswaardig is dat die Handrekenaar/Slimfoon/PDA tegnologie deel is van die program sou u dit wou inspan as 'n verlengstuk tot u Persoonlike Rekenaar of Skootrekenaar vir aantekeninge binne die veld of kraal. Dit is OPSIONEEL en nie verpligtend.

Sou u 'n persoonlike demonstrasie d.m.v Anydesk van die Mobile Livestock Rekordhouding Aantekening en Bestuur sagteware wil sien vir skaap, bees, bok wild, perd en hond,  kontak ons by  (+27)  057-8991128 en 0837247016.



Vriendelike groete

Elmarie Wepener & Llewellyn Herbst.

(+27) 057-8991128 en epos Lhc@Lhcgs.co.za

Also in English.